+27823023628 | +27845151629 bookings@stillebosch.co.za

Stilte

/ˈstɪltə/

afwesigheid van enige klank of geraas; stilheid. ‘n Toestand van stil wees; stomheid.

Afsonder

/ˈafsondər/

vrywillige keuse om alleen te wees, weg uit die samelewing. Om afgesonder of geisoleer te wees.

Eenvoud

/ɪənvoʊd/

eenvoudige kwaliteit, ongekompliseerd, nederig. Vry van kompleksiteit.

Elke mens het ‘n integrale sin vir spiritualiteit (Homo Spiritualisen ‘n behoefte om in aanraking te kom met die God wat ons geskape het met hierdie spirituele bewustheid. Die 21ste eeu se leefstyl lei ons egter om hierdie noodsaaklike spirituele bewustheid the ontken en vervang ons diepe verlange na God met verskeie afleidings. Ons samelewing met sy materialisme, gejaagdheid, sekularisme, verbruikerswese en al sy ander mensgemaakte aantreklikhede verdiep net hierdie gaping tussen Skepper en geskapene. Selfs in die kerk is daar baie mensgemaakte afleidings wat ons van tyd tot tyd verhoed om maniere te vind om die gaping te oorbrug. Hierdie afleidings kan nie die Godgegewe gaping vul wat slegs deur ‘n spirituele verbinding met God gevul kan word nie. ‘n Kort definisie van ons begrip van die woord retraite is die volgende: “’n Tyd van afgesonderdheid en stilte met die doel om mens se verhouding met God te verdiep.”

Aanlyn Retraits & Spirituele Meditasie Videos

Stellenbosch Retreat Plaas het in die 7 Oktober 2020 episode van Elders: Pelgrimstog van Hoop op KykNET, DSTV kanaal 144 vertoon. 

Die Pelgrimstog van Hoop is ‘n pelgrimsroete wat die oudste kerke van ons land besoek. Die roete kan gevolg word vanaf Stellenbosch of Robertson en loop deur die Overberg tot by Agulhas aan die Suidpunt van Afrika. Pelgrims kan ook korter dele stap.

Vir meer inligting oor die verskillende roetes, besoek gerus:

https://www.pelgrimstogvanhoop.com