Meer oor ons
Die plaas Anatoth is in 1997 deur ‘n Amerikaanse dame, Pat Stephenson, gekoop waarna sy dit aan die Trust geskenk het met die uitsluitlike doel om gebruik te word vir die aanbied van retraits. Die Trust is geregistreer as ‘n PBO met geen winsbejag. Pat Stephenson het aanvanklik die retrait plaas bestuur, maar is in 2010 terug na Amerika. Die Trust het in Junie 2016 vir Stephan Britz aangestel om die retrait plaas te bestuur, en in Desember 2016 het Stephan, sy vrou Marié en hulle twee kinders na Anathoth plaas getrek.
Ons droom…
By Stillebosch Retrait Farm is dit ons missie om ‘n fasiliteit te skep en te bestuur waar mense deur stilte, afgesonderdheid en eenvoud in die natuur hierdie diep spirituele honger na God kan herontdek. Die doelwit is om hul verhoudings met God, hulself en die mens en wêreld om hulle te hernu en te herstel.
Ons doel is om ‘n christelike gemeenskap, wat leef en werk in viering en eenvoud binne die rykdom van stilte en nadenkende gebed in die natuur. Ons wil ‘n veilige omgewing vir besoekers skep om die die uniekheid van stilte en nadenkende gebed as deel van hul reis met God te ervaar.
Ons doel is om ‘n unieke ervaring te skep deur die natuur en begeleide still retraites om God se teenwoordigheid te beleef asook om ‘n ruimte te skep waar invididue vir 2 tot 30 dae (30 Ignasiese retraites) kan bly en so ook deel word van die daaglikse roetine van die plaas.
Stillebosch Retrait plaas is geleë tussen die Stellenbosch Wynlande van Groenland en Kaapzicht. Aan die een kant lê Tafelberg en Kaapstad se liggies in die aand en aan die anderkant die Bolandse berge en Bottelary heuwels.
‘n Blote 40 minute se ry vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe via die N2 en ‘n kort 10 minute se ry vanaf die N1 maak ons sekerlik die mees sentraal geleë retraite plaas in die Weskaap. Dit beteken dat jy in Stellenbosch, Somerset-Wes, Muizenberg, Constantia, Table View, Paarl of selfs Malmesbury kan woon en binne ‘n uur se ry hier by ons kan wees.