Aktiwiteite
Stillebosch Retrait is ‘n self-onderhoudende, werkende plaas wat die geleentheid vir gaste skep om deel te neem aan die volgende daaglikse aktiwiteite:
- Boord Versorging: Olywe; Kwekery (Cattleya Boord, Boomvarings, Clivia’s ens);
- Organiese Groentetuin: skep ‘n geleentheid vir ‘n gedeeltelik selfvolhoubare inkomste vir die sentrum
- Tuinmaak
- Stil, afgesonderde wandelings tussen die Olyfbome op die plaas en tussen die wingerde van die buurplase
Ons streef daarna om ekologies verantwoordbaar te wees in al ons aktiwiteite op die plaas en by die retraite sentrum. Dit sluit in:
- so min as moontlik chemiese ingrypings in ons boorde (spuit van insekdoders, kunsmisstowwe, ensovoorts);
- vermy chemiese byvoegings by die grond so ver as moontlik deur gebruik van organiese kompos wat op die plaas produseer word deur ons eie afval en roumateriale, asook van plase in die omgewing;
- produseer so ver as moontlik ons eie kos soos groente vir tuisgebruik en voorsiening vir retraites en konferensies;
- verantwoordelike gebruik van water vanaf ons boorgate en waterskema deur die gebruik van drupbesproeiing in plaas van spuitkoppe in ons boorde, herwinning van gryswater vir tuingebruik en sierdam;
- afvalhantering: herwin alle moontlike herwinbare materiaal en wegdoening van nie-herwinbare afval in ‘n oond.